Geskryf vir: Straatligkinders
Die brand was in my hart
daar’s nou ‘n gat wat net plek op vat
jy sing “I wanna hold your hand”
en se dis net ‘jou favorite band’
Jy’t gese dat j my mis
ag, ekt my seker net misgis
jy post “when love arrives” op my wall
maar ek wen net die friendship poll
Ek sal by jou bly
Al sal jy my nooit vry
Jy is my beste vriend
En dis al wat jy my kan bied
Solank ons mekaar verstaan
en vir mekaar opstaan
Sal ek ‘n vuur weer begin
En jou soos ‘n pel bemin

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

