Afrika is ons almal se Moeder.
Die Oorsprong van die Beskawing.
Ligging van die paradys, en tuiste van die Godin.
Dit is dus goed en reg dat Vrystaat sy beste seuns opoffer om te veg vir geregtigheid.
Ons lees Leopold in Die Burger – wat ongelukkig steeds swak vergelyk met VB:
Eers die goeie nuus: Suid-Afrika kan trots wees op sy militêre elite-eenhede. In die onlangse gevegte tussen Suid-Afrikaanse soldate en rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) – volgens sommige was hulle eerder goed opgeleide en toegeruste Tsjadiese troepe – het die lede van 1 Valskermbataljon en 5 Spesmagte-regiment hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Uit ’n rekonstruksie deur die militêre kenner Helmoed-Römer Heitman in die Sunday Independent blyk dat die bevelvoerder van die 265 Suid-Afrikaanse soldate baie bekwaam opgetree het. Hy het aggressief verkenning laat doen om die gebrekkige inligting tot sy beskikking aan te vul, betyds uit moeilik verdedigbare stellings na beteres teruggetrek, en sy soldate tot groot dapperheid aangevuur.
Die troepe self het ook geweier om die stryd gewonne te gee. Hulle het hulself letterlik tot die laaste patroon verdedig en die vyand soveel verliese toegedien dat dié uiteindelik boedel oorgegee en ’n vuurstaking gevra het.
Die slegte nuus – eers op mikrovlak – is dat dié toerusting nie naastenby voldoende was nie. Daar was geen swaar wapens soos pantsermotors en artillerie of lugsteun (sowel offensief as verkenning) nie, wat die Suid-Afrikaners in ’n onmoontlike posisie geplaas het.
Uiteindelik is die fundamentele leemte die hopeloos onvoldoende verdedigingsbegroting. Suid-Afrika bestee 1,2% van sy bruto nasionale produk aan sy weermag, terwyl die aanvaarde norm vir ’n ontwikkelende land soos ons s’n 2% is.
Die uitstekende vertoning van ons manne (oorwegend swart) in die SAR wys dat kleur nie die probleem is nie. As hulle talentvol is en goeie opleiding ontvang, kan hulle met die beste ter wêreld meeding.
As die SAR-krisis die regering kan beweeg om ’n gesonde weermagbeleid te voer, was dit dalk nog die moeite werd.) Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.
- Die Burger
Nou hier stem ek volmondig volkome saam!!
Mens kan bv presies dieselfde seg vir Vrystaatse rugby – altyd ’n riem onder die hart!
Kyk na daai pragtige en puik jong swart spelers soos Raymond en Trevor!!
Hopelik sal die Vrystaat meer en meer van sy swart diamante kan inspan sodat die span tenminste 70% Swart kan wees en die realiteite van Vrystaat kan uitdruk.
Dit sal OOK VERSEKER DAT VRYSTAAT-STADION VOLGEPAK IS !!!
Die huidige bywoningsyfers deur die blanke ondersteuners vir die oorgrote blanke spelerskorps is niks minder as pateties nie!
Skane op alle Vrystaters ORALS!!!
Kyk maar bv hoe ondersteun Bloem Celtic se mense hulle span!
Die paviljoen loop letterlik oor van 50 tot 60 000 rasende ondersteuners!
Vrystaat se rugbyspan wat die beste rugby speel in SA en dalk wêreldwyd, kan skaars eenduisend armsalige blankes trek, hoe rym dit?
Swak, swak, PATETIES!
Maak Vrystaat se rugby swart en laat die mense inrol om dit te waardeer!
Stuur die blankes OZ en NZ toe, of ten minste na Nuweland, hulle sal tuis voel tussen die Kaapse Kroeksaaders ...
Francois Williams


Kommentaar
Jy sê "Afrika is ons almal se Moeder". Watse soetsappige stront is dit? Hoe kan hy, die kontinent, nou almal se moeder wees?
Jy sê die " ... oorsprong van beskawing." Die enigstes wat iets in Afrika vermag het was Semiete en Kaukasiërs (en nou sal die Asiate dalk oorneem; hulle gee meer pasella's, iets wat die Afrikane blinkoog maak).
Terloops: Tussen April 2011 en Maart 2012, is daar 350 inbrake, 321 diefstalle van motors en 429 ander diefstalle by die Rondebosch-polisiekantoor aangemeld. Dis net Rondebosch, wat nog die hele Kaap en dan is daar nog Gauteng waar dit heel waarskynlik erger gaan. Ja-nee, hierdie is 'n misdaadparadys en die polisie, wat veronderstel is om dit te bekamp, doen ewe lustig mee.
Boeddha het geseg dat ALMAL is ons moeder...