Vrystaat se swart yster en sy sewe tale!

  • 0

Ja, hoe trots is mens nie dat Vrystaat die twee blinkste swart diamante in SA in hul span het nie!

Helde!

En dan kan Nkayane sommer sewe tale praat!

VB:

Sewe tale

Dis hoeka Raymond wat hom ten tyde van die onderhoud, wat in Engels gevoer word, bel en tussen die Engels deur praat hulle sommer ’n paar Afrikaanse woorde.

Hy weet nie eintlik hoekom sy vriend, wat in Louis Botha was, met hom Afrikaans praat nie, sê Trevor. Albei het dit op skool geleer en dit is ook hoe hulle meestal met hul Cheetah-spanmaats kommunikeer.

Maar dit is een van sewe tale (die ander is Engels, Tsonga, Sotho, Zoeloe, Swati en Xhosa) wat Trevor magtig is. Tsonga is sy huistaal, in Limpopo praat die mense ook Sotho, sy pa se broers in Johannesburg praat dikwels Zoeloe, sy ma se familie is Swati en Xhosa het hy by junior Vrystaat-spanmaats geleer.

Ama-bokke-bokke

Rugby traak sy tuisdorp se mense nie veel nie. “Al waaroor hulle omgee, is dat hulle my op TV sien. Hulle wil net hê ek moet vir die Ama-bokke-bokke speel. Dit is al waaroor hulle omgee.”

En hoe antwoord hy hulle dan?

“Ek sê net dit is nie só maklik om vir die Bokke te speel nie.

“Hopelik sal ek eendag daar uitkom.”

Eendag is dalk gouer eerder as later vir dié held van Gravelotte.

- Volksblad

Kyk nou net!!

Terwyl meeste Afrikaners en ander Blankes wêreldwyd skaars een taal suiwer kan praat, praat SA se slim swartes tallose tale!

IK is IK ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top