"Vryheid Song" deur Willie Louw

  • 0

Vryheid Song

Dis amper asof vanaand ? goeie more bring
as die voëls belowe om my in die oggend weer wakker te sing
As ek myself met God en Sy maats omring
Want al drop my girl my weer
en al is sigarette nog te duur
Belowe die voëls nog om in die oggend te sing

REFREIN:
Daai song van vryheid soos vlerke
die blues van hy wat leef sonder perke
In die spieël sien ek net ekke
Wat is ek meer as net God se tuinwerker?

Maar in die stad word die song gedemp deur mense se gejaag
Waar hy wat wen net hy is wat alles sal waag
En ek voel ek pas nie heeltemal in nie
Waar ek van kom stap ons nie verby ? voël wat sing nie
Jy met jou convertible bloedrooi sportskar
en jou sonbrille wat jy altyd moet dra
Gaan bietjie stadiger, maak oop jou oë
in die gejaag het jy die pad verloor

REFREIN

Terug in die tuin sonder die muur
As God vakansie hou dink ek kom Hy ook hier
Waar die voëls die Psalms sing
en die wind herhaal wat jy dink
Al raak dit moeilik om te glo
hou ek net vas aan wat die voëls my beloof

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top