Vryfees

  • 2

Vryfees

van vroeg
swoeg hippies en hordes
slyp uitstallers tande
roep en klets
oor koeitjies en kalfies

’n ma se skatlam raak geheg
aan ’n stalletjie, geboei
deur kettings vir die pols en nek
die trop word gevoer met roosterkoeke
en sulke strooi

later word pappies se bulletjies
aan die neus gelei
na die suipplek
’n blêrkas vol skape gedruk

terwyl die biltong-stalletjies demonstreer
wat met ’n vetgemaakte kalf
gebeur

  • 2

Kommentaar

  • Corlietha Swart

    Ons hou vir Jemima Meyer al lank dop by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. Net soos Hilda Smits, wat pas die Ingrid Jonkerprys verower het, altyd in die BSV se Nasionale Skryfwedstryd se Ope Poësie-afdeling oor jare heen skoonskip gemaak het, so het Jemima Meyer vir 'n hele paar jaar die Skole: Poësie-afdeling gedomineer. Die BSV en NALN sien uit na jou debuut, Jemima ...

  • Netjies, ek hou van die beelde, en ook die kritiek op die brandewyn, coke, rugby-vlak van bestaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top