Dag julle!
Vrydag is boekebrief-prysuitdelingsdag en hierdie week is Michael Green met sy “Boekebrief” die gelukkige wenner van Murray La Vita se Gesprekke met merkwaardige mense. Baie geluk Michael!
Hierdie week se boekebriefprys is ook vir seker op ’n paar van julle sê geskenklysies vir Kersfees. Mugabe en die wit Afrikaan is geskryf deur Ben Freeth. Hy is ’n Brits-gebore Zimbabwiese boer wat Mugabe suksesvol in ’n internasionale hof gedagvaar het in 2008. Sedert hy die hofsaak gewen het, is hy aanhoudend geteister en sy plaas tot op die grond afgebrand. Vir seker die lees werk, dink ek.
Die reëls is soos altyd. Skryf ’n brief oor enige boek onder die son, en stuur dit aan webvoet@litnet.co.za
Mag die beste SêNetter wen!
Maggie

