Vrouedag

  • 0

LitNet se kantoor sit vol vroue, maar ons werk vandag, ten spyte van die vakansiedag. (Dis nie die kreet van ’n slagoffer nie: ons werk nie môre nie.)

In vakansieluim gesels ons toe vanoggend oor watter slagspreuk ons op LitNet kan plaas om Vrouedag te vier. Antjie Krog se gedig is al male sonder tal gebruik. Iemand noem "my nooi is in ’n nartjie" as Vrouedaggedig. Maar toe wonder ons almal: versinnebeeld hierdie gedig ’n sterk vrou, of beklemtoon dit nou weer die sagte, sorgsaamheid geaardheid van die stereotipe vrou? Niks met hierdie aspek verkeerd nie, maar om vrou te wees is soveel meer multi-dimensioneel, of hoe?

Wat van hierdie liedjie uit my jeug?

Of kom ons gooi ’n lied of gedig oor ’n vrou by die venster uit en gebruik net ’n vrouestem om ’n lied te sing.

Nog beter, kom ons gebruik twee vroue, en laat hulle sommer net sing soos hul vanjaar by die Woordfees gedoen het.

Kom laat ons dan almal sing op die vakansiedag.

Lekker (lang-)naweek vir almal, groete,

Naomi M

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top