"’n kind sonner ’n droem
is ’n kind sonner ’n future"
haa' woorde van inspirasie
van baie lank geliede
'is soeveel jare late'
en sy is sieke al dood
but haa' woorde bly steeds relevant
soelank my oo'losie nog tik
te danke aan juffrou F
’n onnie van lank terug
kan ek vidag met trots sê
my droem het waa' gewôd
ek is ’n published author
my jeugboek is oppie rakke
en oral waa' ek gaan
probeer ek die laaities inspire met:
"’n kind sonner ’n droem
is ’n kind sonner ’n future"



Kommentaar
Puik 👌🏽
Woordgimnas.
Pragtig❤️