Vrouedag-skryfkompetisie: Liewe Ma

  • 27

Vir agtien jaar het sy alles gegee.
Vir agtien jaar het sy haar bes probeer.
’n dogter op haar eie grootgemaak
en ’n lewe gebou sonder om te kla.

Deur die pyn en die swaarkry het sy aanhou baklei om bo uit te kom
Soos ’n klein saadjie het sy deur die grond geblom.

Haar trane is skaars en haar hande vol eelte.
In haar hart ken sy slegs vrede.
Haar hart behoort aan die Here 
en in Hom vind sy haar vreugde.

Sy werk dag en nag om kos op die tafel te sit
En tog is haar kinders al waarvoor sy bid.
Sy soek nooit meer as wat sy kry nie en blameer nooit die wêreld vir haar probleme nie.

Sy is ’n sterk vrou en ’n enkelma
Haar liefde is al waarvoor ek kan vra.

So…

Liewe ystervrou,
liewe superwoman,
liewe lig-in-die-donker,
Liewe Ma,
Hierdie gediggie word aan jou opgedra.

  • 27

Kommentaar

  • Elizabeth Liversage

    Woweee Dankie my kind - ek het nie vooraf geweet hiervan maar sjoh - jy't jou ma in trane - lief jou stukkend

  • Alta Duvenhage Botha

    Ouma het geweet. Ek het die wedstryd besonderhede vir haar gestuur. Toemaar ek het ook 'n traan gestort.

  • Hierdie dogter is 'n regte voorbeeld vir baie en WOW vir die ma wie duidelik ook 'n fantastiese voorbeeld vir baie is xxxx Pragtig!

  • Gertruida Rowland

    Lieflik!!! Hierdie gediggie is uit die hart geskryf... Sy het alreeds haar eie skryf styl ontwikkel en toon emosionele volwassenheid vir haar ouderdom ... hou van die laaste vers wat sy alles mooi saamvat in bewondering vir haar ma !!Jy het baie potensiaal Alezaria!!

  • SAnDY Pattison

    wonderful young lady praising her beloved mother, a gift of words from her soul , may many young ladies appreciate their MOTHER AFTER READING THIS STORY 💚

  • Such stunning and true words for many moms out there. This child sees through her moms eyes and knows the hardship and yet true blessing from the Lord above. A bond only a child and parent can share. Life been tough, yet there is a light and hope which a mom or parent sees in her children. What a parent does for their kids.

  • Yolandi Pieterse

    Soveel deurnis en insig, hoe sy oor die onbaatsigtelike liefde van haar ma praat, is verstommend op so n jong ouderdom.

  • SAnDY Pattison

    wonderful humble gratefulness of a daughter to her mother, I hope many girls take a lesson from her poem , it inspired me as a mother to see how beautiful the world can still be .💛

  • Mamma en Dogter kan trots wees op die mooi verhouding wat hulle bou. Baie geluk dat jou gedig geplaas is Alezaria.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top