Gedagtes wat draal
Verdrink in haar kop
Kry dit nie stil
Kan dit nie stop
Niks maak meer sin
Geen woord, geen idee
Probeer sy verstaan
Sleep dit haar mee
Verdwyn in haar kop
Buite bereik
Loer van daar ver
As dit dink niemand kyk
Woorde, idees
Wat sy nie verstaan
Soos koeëls wat verdwaal
En nêrens heen gaan
Skryf sy dit neer
Om later te lees
Word dit ’n chaos
Uit ’n verwarde gees


