Anne-Marie Taylor

Anne-Marie is die persoonlike assistent van die Omgewingsimpakspesialistegroep by die WNNR. Sy het al baie jare ’n blog. Sy skryf wanneer sy bly is, wanneer sy hartseer is, omdat dit deel van haar siel uitmaak. Sy het al ’n verhaal gepubliseer in die bundel My kort vir jou sop – ’n bundel kortverhale, uitgegee en verkoop ten bate van liefdadigheid. Sy doen ook vryskut vertaalwerk (Afrikaans na Engels en omgekeerd) vir maatskappye en proeflees verslae en manuskripte in haar vrye tyd. Anne-Marie woon die afgelope 9 jaar buite Stellenbosch in ’n huisie op ’n plaas en verruil die stilte en uitsig vir niks nie. 

Vrouedag-skryfkompetisie: Gedagtes wat draal

Anne-Marie Taylor Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Anne-Marie Taylor:

"Niks maak meer sin
Geen woord, geen idee
Probeer sy verstaan
Sleep dit haar mee"

Top