Vrouedag-skryfkompetisie: Ek sal onthou

  • 0

Daar was soveel keer wat jy geval het
en elke keer het jy die grond versoen.
Want jy het geweet die val,
het so min met dié aarde te doen.

Daar was soveel keer wat jy geval het,
soveel keer wat jy kon vou.
Daar is soveel wat van jou vergeet het,
maar daar is so baie om te onthou.

Elke keer wanneer jy geval het,
het jy opgestaan sonder ’n merk. 
Daar was soveel seer op jou vel,
tog soveel salf in jou werk.

Jy het soveel keer geval.
Jy het soveel keer gevrees.
Jy het soveel keer geveg,
sodat ons vandag kan wees.

Jy het soveel keer geveg,
teen iets wat altyd oorwin.
Jy het alles van jouself gegee –
sodat ons oor kan begin.

Jy het keer op keer opgestaan.
Sodat ons kan weet dat vroue hou.
Daar is dié wat sal vergeet,
maar ek sal jou altyd onthou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top