– Huldeblyk aan ons liewe moeder
03 Desember 1932 tot 08 Julie 2019
Sy veg teen ’n vyand
wat nie sal skroom
om haar van
alle statigheid te roof nie
sy dra nie
geloof en hoop op haar mou nie
maar diep in haar hart
en haar smeekgebed is:
Heer laat ek wen
ek wil my gesonde arms
om my seuntjie wend
sy glimlag
terwyl sy die wêreld steeds
– te midde van haar pyn –
die versekering bied
God is goed;
Hy dra my dag vir dag
en verleen aan my die nodige krag
in haar oë
lees ek verskeie stories
van moegworddae
en lang aande sonder rus
maar ek lees ook
dat die vyand
hierdie vuur nie gaan blus nie
ek ken haar nie
maar ek ken haar naam
en wanneer ek neersak
en my trane die Vader se voete was
dan bid ek: Heer
haar lewe strek voor haar uit
genees haar Vader
van U sal sy getuig
sy is ’n heldin
sy dra ’n mantel
van verwagting en liefde
dat die son môre weer sal skyn
en sy sal leef sonder pyn



Kommentaar
Ai Pat, hoe lees ek nou my eie liefste mamma in jou gedig raak. Ons sal hulle ewig mis. 'n Baie mooi huldeblyk aan jou Moeder.