Patricia C Viljoen

Patricia C Viljoen

Pat (Patricia) Viljoen is in Johannesburg gebore en het grootgeword op ’n klein myndorpie aan die destydse Wes-Rand. Sy het al vroeg in haar lewe begin skryf as gevolg van ’n liefde-haatverhouding met haar pa, maar het eers baie later begin deel en publiseer. Sy het al vier boeke gepubliseer (hoofsaaklik in Engels) en haar inkleur-Kinderbybel het ook al die lig gesien. Haar jongste digbundel, Era, het ’n tweede plek in Ink Skryf in Afrikaans se 2018-skryfkompetisie verower. Sy is ’n eggenoot, ma en ouma. ’n Wedergebore, bloedgewaste kind van God, aan wie al die eer vir haar onverdiende talent toekom.

Vrouedag-skryfkompetisie: Die veggees

Patricia C Viljoen Skryfkompetisies 2019-08-10

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Patricia C Viljoen:

"sy dra nie
geloof en hoop op haar mou nie
maar diep in haar hart"

Top