Vroegoggend

  • 0

Soen my met my slaapspookasem
En jou sluimerspoeg
Verlei my met jou lenige, luigelêde lyf
Vry my met jou murgbelaaide pype
Hou my vas en hou my styf

Sien jy my slaapgesuste oë en my droomgevulde mond?
My palm op jou rug se naat, jou kuit teen my sool se voet?
Kyk my moeggesluimerde arms, my rusgekreukelde skouers
Voel my gaapgeplooide, oggendgloeiende goed

Plooitjies papille pupille spleetjies
Holtetjies bultjies rondinkies
Hobbeltjies halfmaantjies knobbeltjies
Groefies skaniertjies skroefies maniertjies
Buigies en voutjies grepies strepies
Haartjies en aartjies en oksels en kuiltjies
En are en lyne en kontoere
en gladdes en skewes en soepel
en sag en warm
en lenig
en

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top