Vredestrein

  • 0

floris_a_brown'n Mensetrein hardloop deur ons land
Worcester na Pretoria liefde warm
Waar staan jy? Verander harte verstand
Van bo leiding wysheid soos ons omarm

Op treinspore doolhowe van jou brein
Soek waar jy nog nooit vantevore was
Stop by jou stasies. Gooi vuil in die drein
Laat God gee deur jou roep 'n nuwe jas

Kniebuig probleme deur chaos oplos
Vergeet jou eiland voel welkom aan boord
Op reis na 'n ewigheidsvredesoektog
Waar Suid-Afrikaners staan een akkoord

Jaloesie haat bring ons nêrens, dis dom
Jy die verskil. Sluit aan. Wys jy gee om!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top