"Vooruit (date) droom" deur Stefan Kruger

  • 0

Vooruit (date) droom

My eerste aand saam met jou, jy lyk so mooi
Jou oë ligbruin en ek verdwyn na ’n plek langs jou
Jou smile blink, als moet eers sink, toe begin ek dink …

My hart gaan vinnig, vinnig, vinnig! Kan jy dit nie keer nie?
My hart tel spoed op, spoed op, spoed op! Kan jy dit nie stop nie?
My hart klop harder, harder, harder! Kan jy dit nie hoor nie?
Dan skuif net nader, nader, nader! Moenie eers dink nie
want dit is geen opsie

’n Lekker aand, die movie speel en popcorn word gedeel
Die atmosfeer wat wen, toe ons vingers mekaar leer ken
dis nou of nooit, die beste tyd, om jou hand te gryp

My hart gaan vinnig, vinnig, vinnig! Kan jy dit nie keer nie?
My hart tel spoed op, spoed op, spoed op! Kan jy dit nie stop nie?
My hart klop harder, harder, harder! Kan jy dit nie hoor nie?
Dan skuif net nader, nader, nader! Moenie eers dink nie
want dit is geen opsie

Ek kyk na jou en na my, jy glimlag breed
Daar’s niks verkeerd, ek wil jou sommer net opvreet
Oulik soos nou, wil  ek jou vashou, ek dink ek gaan jou vashou
Ek skuif nader aan jou en jy na my, ons is so naby
’n Paar grade uit, maar in ’n oomblik se tyd …
soen ek jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top