Voorleggingsriglyne: fiksie

  • 0

Stuur jou kortverhaal (500 tot 2000 woorde) of blitsfiksie (maksimum 500 woorde) aan [email protected].  Sluit asseblief jou naam en kontakbesonderhede in. Maak asseblief duidelik of jy reeds voorheen gedigte op NetFiksie gepubliseer het.

’n Maksimum een kortverhaal of 4 blitsfiksie-bydraes per voorlegging, en slegs een voorlegging per bydraer sal elke maand oorweeg word .

Plaas elke verhaal in ’n afsonderlike word.doc wat jy aan die e-pos heg. Moet dit nie as deel van die e-pos-teks stuur nie. Moet asseblief nie clip-art of ander beelde aanheg nie, tensy dit deel van die verhaal vorm nie.

 

Proeflees jou voorlegging noukeurig. Voorleggings wat vol spel- en taalfoute is sal outomaties afgekeur word.

Wees asseblief bereid om ’n paar weke op ’n antwoord te wag. Ons lees alle voorleggings dadelik, maar lees dit graag na ’n week weer deeglik voordat ’n besluit geneem word.

Kopiereg op die verhale bly joune. Ongelukkig kan geen terugvoer gegee word nie. Vir raad van skrywers en uitgewers om jou skryfwerk te verbeter, klik hier

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top