Voor ek vergeet met Amanda Strydom en Hannes van Wyk

  • 1

Voor ek vergeet... vertel die aangrypende verhaal van ’n ma en seun, maar heel anders as die alledaagse verhale wat deesdae op die verhoog en silwerdoek te sien is, haat hulle mekaar nie.

Hendrien Botha (Amanda Strydom) neem haar intrek in ’n tehuis vir bejaardes in Johannesburg nadat sy haar hele lewe in Bothaville gebly het. Haar seun Johan (Hannes van Wyk) het dit gereel, hy wil weet sy is in ’n plek waar sy versorg word nadat sy haar heup beseer het, en veral nadat sy tekens van dementia begin toon.

Johan is baie na aan sy ma, hy deel haar passie vir klassieke musiek en het self ook ’n musiekonderwyser geword. Die dood van sy pa het ’n baie groot leemte in hulle lewens gelos, en hulle moet weer van vooraf leer om die familieband te hervestig in Johannesburg. Hy het ook ’n geheim wat hy vir my ma wegsteek, hy wil haar nie onnodig bekommer nie. Maar soos ’n ma maar is, weet sy iets is fout en trek sy die geheim uit hom uit en probeer hom help om deur geloof vrede te maak met sy situasie.

Voor ek vergeet... is ’n reistog van geloof, hoop en liefde wat ma en seun saam aanpak. Die stuk is deurvleg met verrassende elemente wat die gehoor die heeltyd laat wonder oor so baie dinge. Voor ek vergeet... beloof baie deernisvolle situasies tussen `n ma en seun, baie lag en ook trane. `n Relevante stuk teater wat by almal aanklank sal vind en waarin elke mens homself sal herken-`n Eg eerlike en menslike drama.

Voor ek vergeet... debuteer by die Woordfees in Stellenbosch van 2 – 11 Maart 2012 en speel ook by die ABSA KKNK vanaf 31 Maart tot 3 April 2012.

Vir besprekings kontak Theresa du Preez by 011-8801027 of Hetta Saunderson by 022-4872000 of [email protected]

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Naomi Pretorius

    Op watter manier kan ek nou na hierdie produksie kyk? Ek is ‘n vurige verlangende ondersteuner van Amanda Strydom en bly nou permanent in Portugal.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top