Vanaand voller as ooit volmaan
koffergelaai met beloftes vir die nag
’n gewyde lig
wat die ruwe bergspits streel
in die donkerste kloof spatsels lig
die limietberg met ’n potlood merk
die voëls versit, volmaan in die oog
duiwe groet mekaar in die middernag,
tot in die slaapkamer ’n donskombers
trek oor die rustige asemhaling van die nag.

