Nuwe bywerkings! Volksblad-joernaliste ook outeurs van ’n magdom boeke

  • 6

Volksblad-logo met toestemming gebruik

  • Hierdie artikel is op 28 Oktober 2025 met nuwe inligting bygewerk.

Joernaliste van Volksblad het dalk, as ’n stokperdjie of later as beroep, meer boeke geskryf as redaksielede van enige ander koerant in Suid-Afrika – of selfs in die wêreld! En van hulle is met die hoogste pryse bekroon.

Enorme bydraes deur skrywer-reuse soos CM van den Heever (redaksielid in 1925), Dot Serfontein (oud-vroueredaktrise), Pieter W Grobbelaar (jeuglektuur), die nuweling Jaco Jacobs (ook kinderboeke) en veral Wille Martin, fiksie-skrywer soos min, bring mee dat 90 Volksbladders meer as duisend boeke geskryf het!

En dan is daar ook nog die veelsydige Piet Meiring; die digter Pirow Bekker; die taalghoeroe Jaap Steyn; Deon Meyer, die aktiewe skrywer van spanningsromans wie se boeke al in byna dertig tale vertaal is, en nou ook Chris Karsten  en Rudie van Rensburg wat diep in die misdaadwêreld delf en Chris Moolman, aktiewe skrywer van spanningsverhale.

Wille Martin, wat op 2 Januarie 1956 saam met my en wyle Flip Oosthuysen as nuwelinge in die redaksie van Die Volksblad begin werk het, het sowat 220 boeke geskryf.

JC (Jaap) Steyn het onder meer die volgende toekennings ontvang: Eugene Marais- en Ingrid Jonker-pryse vir die digbundel Die grammatika van liefhê (1975); die Recht Malan- en Louis Luyt-pryse vir die taalpolitieke werk Tuiste in eie taal (1980); die Langenhovenprys van die SA Akademie in 1988 vir taalwetenskap; die Recht Malan- en Rapport-pryse vir Boekewêreld (1992) wat handel oor Naspers se uitgewery tot 1990; die SA Akademie se Stalsprys vir geskiedwetenskappe ná die publikasie van Van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (2 dele) in 1998 en die SA Akademie se Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie vir Die Honderd jaar van M.E.R. (2004); ATKV se NP van Wyk Louw-eerbewys.

CM van den Heever het vir sy Laat vrugte in 1942 die Hertzogprys vir prosa ontvang.

Deon Meyer het onder meer die ATKV-prosaprys drie keer van 2003 tot 2005 ontvang vir Orion, Proteus en Infanta. Buitelandse erkenning het gevolg ná die vertaling van Feniks en Orion in Frans en vir Proteus ontvang hy ook die Duitse Misdaadfiksie-prys in 2006 en daarna die Amerikaanse Barry-prys vir sy vertaalde boek, Thirteen Hours.

Pieter W Grobbelaar het onder meer die CP Hoogenhout-toekenning en die Tienie Holloway-prys ontvang.

Chris Karsten het van die ATKV Woordveertjies ontvang en Jaco Jacobs is ook vir sy kinderboeke vereer.

Die alfabetiese lys van die skrywers (met verwysing na hul eerste, of  bekendste boek of boeke) is:

Alta Beetge: Kontrei-kletsies

Pirow Bekker (sowat 20 titels): Manna Kommering (roman), Die Klip sing (1965), Van roes en amarant (2006), Beurtelinge (2021), Rakelings (2022).

Wiets Beukes: En kyk, ’n Wit Perd (1975), Oor grense heen (1992)

Jan Bezuidenhout: Mianke fluister vir perde en skryf ’n storie (2022).

Johan Botha: Die Groot Vyf (1997), Koukonap (2016)

André J Brink: Die Groot Grapboek (onder die naam Andries Brink), 501 Lekkerlag-grappe (2016)

Stoffel Cilliers:  Die padda-rebellie, Prentjies uit die Psalms, Prentjies uit Spreuke, Monsterspruit (e-boeke, 2018)

Henry Cloete: Draalnoot vir ’n janfiskaal (2015)

Frans Coetzee: Vir die Onskuldigdes, Die Ding met die Dukse

Gert Coetzee: Lens (2025).

Wilma de Bruin: redakteur van UP se Eeufeesboek vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Nonnie Dedekind: Wyn – kyk-, ruik-, en proegids vir almal

Pieter Delport: Leon die lokvink

Les de Villiers (meer as 10): Secret Information (1980), Safari Guide, The Ultimate Safari Guide (2015), Aardvark tot Zebra (2017).

Niël du Bois: De Vette Mossel (2015)

Andreas du Plessis (meer as 10): Orania – eerste volkstaatdorp, fotoverhale en draaiboeke

Pieter du Toit (saam met Adriaan Basson): Enemy of the People

Bert Ferreira: Allan Quartermain

Tom Ferreira: Right Angles (saam met Ingrid Staude).

Jannie Fourie: Murrayfield en Daarna

Jens Friis: Philippolis  – Die oudste nedersetting in die Vrystaat (2018)

George Gerber: Dok Craven: Agter die kap van die byl (2000)

Hennie Gerber: Danie Craven se top-Springbokke (1977), Craven (1977)

Piet Gouws: Handskrifgeheime

Blaar Grobbelaar: (saam met Gerard Ludi): Die verbasende Bram Fischer

Pieter W Grobbelaar (meer as 40): Die Mooiste Afrikaanse Sprokies (1974), Kinders van konings (2009)

Louis Hiemstra: Tweetalige Woordeboek (redakteur)

Annette Human (27 kookboeke): Huisgenoot se Wenresepte (1987),  Mikrogolfwenners (1992), Lekker vir Later (2009)

Jaco Jacobs (meer as 185): Troetelgedrog (2001), Perfek (2009); Kougom in my Hare (2016), Suurlemoen! (2021). 

Koot Jonker: Vegters teen Politieke Boelies (2009)

Dries Jensen: Die skat van Krugerkrans (1958).

Wilhelm Jordaan (meer as 5): Digterby (1987), Die Genesing van Herinneringe (saam met Daniël Veldsman en Cas Vos (2008), Sondesemoer! en vyftien akademiese boeke

Deon Joubert: Sagtebandboeke onder skuilname

Chris Karsten (sowat 20): Floris Sapiens (1997), Wrede Suid-Afrikaanse misdade met ’n kinkel (2009), Charlize: Ek leef my droom (2009), die Abel-trilogie (2012); Die dood van ’n goeie vrou (2016),  Seisoen van Sonde (2019), Man uit die dode, Die versoeking van Thomas Maas, Gerugte van ontvoering, Anderman se vrou, Op pad na Moormansgat (2022).

Charné Kemp: Moord op Griekwastad (2014), Bloed dunner as water (2019), Moord op Pofadder (2022).

Franz Kemp: 60 dae in die Suid-Soedan (2010)

Jaco Kirsten (meer as 5): Net aliens eet spinasie (2005), Pouveer (2008)

Marnus Kok: Op die kantlyn (2024).

Ilse Krige: ’n Lewe saam met ’n Bogeyman (2017)

Willie Kühn: In die oog van die stilte (2005)

Herman le Roux (6): Spitse op die Sportveld (1970), Vrystaaat! 100 jaar van hardlooprugby (1995) (saam met Frikkie van Rensburg), Sportpourri (1998), Gysie  (2000), Droomspanne en Rugbysterre.

George Louw (meer as 5): Koggelstok (1963), Kraai (2006)

Kobus Louw: My vriend, Andries, en die TV-reekse Willem, Slampampersirkus en Die Seepsteenbataljon

Madré Marais: Met Somer in gedagte (2014)

Susan Maré: Sandsteenpraatjies (2012)

Earl Martin: Swart horison

Wille Martin (220): Chris Pelgrim (1968), Noem my Zol (1987)

Piet Meiring (16): Ons eerste ses Premiers (1972), Vyftig jaar op die Voorblad (1979)

Deon Meyer (byna 30): Feniks (1996), Orion (2000), 13 uur (2008) en ’n draaiboek vir ’n vollengte rolprent, Jakkalsdraai (2010), 7 Dae (2011), Ikarus (2015), Koors (2016), Prooi (2019), Donkerdrif  (2020), Ons Karoo (saam met Coenie de Villiers).

Esme Mittner: En doef! Val die avokadopeer (1979); Edelvrot in die wingerd (1981); Waar is al die moeders heen? (1983) en Waar is die klapsoen heen? (1999).

Chris Moolman (sowat 20): Sweepslag (1996), Operasie Che (1997),  Ester (2009), Die Laaste Advokaat, Moord met Remissie

Dalene Müller: Skryf Afrikaans van A tot Z (2003)

Piet Müller (sowat 20): Die nuwe Hervorming, Wat jy bedink, kan jy beklink

Elsje Neethling: Ek droom van ’n droom (2016)

Marie Nel: Karoo in my bloed (2014)

Nols Nieman: Ons Lesers vertel (Deel 1 en deel 2)

Toekie Oberholzer: Alfonzo’s Quest (2021)

Goethe Olwagen: Die Ollies (2015)

Hannes Pieterse: Die dood van ’n skrywer (radiodrama, 2022),

Alf Ries: John Vorster 10 jaar, Broedertwis (saam met Ebbe Dommisse), Leierstryd (saam met Ebbe Dommisse)

Beaumont Schoeman: Die sluipmoord op dr Verwoerd (1975)

Merwe Scholtz (meer as 10): Vlugtige spore (1947), Vertellers: Die groot Afrikaanse Verhaalboek (1990)

Fred Schnetler (4): Motors en hul Makers, Ford: Gister, vandag en more

Dot Serfontein (meer as 30): Liefde in die kwepertyd (1960), So min blomme (1966), Vertel! Vertel! (1995)

Peet Simonis: Kom bou saamRuimte vir Jesus in die Media, Through Fire to Victory

 Charles Smith:  Volksblad-Nuusmakers – stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar (2019).

JC Steyn (meer as 20): Die Grammatika van Liefhê (1975), Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal (1998), Die honderd jaar van M.E.R. (2004), Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu (2008), Ons gaan ’n taal maak (2014), Verset en opbou (2019), So is onse mense (2022).

Gert Terblanche: Rooidag breek op Rooikraal (2013)

Piet Theron: Redakteur/samesteller van Belhar geweeg (2012), Kannie is (lankal) dood (2021).

Roelf Theunissen: Springbokkaptein Dawie de Villiers (1972)

Herman Toerien (meer as 10): Cry Freedom  too (uitgegee in VSA),  Outisme, Die besondere mens, Jandré

CM van den Heever (byna 40): Stemmingsure (1926), Droogte (1930),  Somer (1935), Versamelde Gedigte (1945)

Toon van den Heever: Gedigte (1919), Eugene en ander gedigte (1931), Gerwe uit die erfpag van Skoppensboer

Jana van der Merwe: Grave Murder: The Story behind the brutal Welkom Killing (2015)

Carla van der Spuy: Platsakwenke (2010), Mens of Monster (2012), Plaasmoorde – slagoffers vertel self (2014), Bloed op haar hande (2015), Liefde agter tralies (2019), Gangster (2022), Poppedonsie.

Hennie van Deventer (20): ’n Vriend vir altyd (1992), Scoops en skandes (1993), Flaters en Kraters (1996), Kroniek van ’n Koerantman (1998), Byl in my Bos (2009), Praat-praat in Tamatiestraat (2010), Spore in die bos (2012), Laatoes (2017), Na verre hawens (2019), Koerant (2020), Koerantkamerade (2021), Bure van nature (2021). Elke dag ’n mooi nooi en ’n moord, Water wat verby is, Wag-’n-bietjie (2025).

Frikkie van Rensburg (6): GW Rugby (1986), Vrystaaat! 100 jaar van hardlooprugby (saam met Herman le Roux, 1995), Cheetah-land, wéér Curriebeker-land!! (1995-2005) Eeufeesboek van Kovsierugby (2012),  Cheetahland – 125 jaar se lief en leed (2021), Cheetahland - 125 jaar se lief en leed (1895-2020) – (2022).

Rudie van Rensburg: Slagyster (2013), Kopskoot (2014), Judaskus (2015); Pirana (2016), Hans steek die Rubicon oor (2017), Ys (2018), Medusa (2019), Vloek (2019), Merk (2020), Hans gee Herklaas horings,  Hans bars die bioborrel,  Hartedief (2021), Monster (2022), Hans hou sy lyf Sherlock (2022), Doolhof (2022).

Charl van Rooyen: Zola Budd

Quintus van Rooyen (3): Springbok-triomf. Die merkwaardige Flappie Lochner en sy aandeel in ons rugby (1972), Rugby in Kettings: All Black-toer 1976 (1976), redakteur van SA Rugbyjaarboek (1971-97)

At van Wyk (meer as 15): Honoris Crux: Ons Dapperes – Our Brave (1982), Die Keeromstraat-kliek (1983)

Johan van Wyk So was dit. Stories van gister en vandag (2013), So is dit nou (2016)

Anna van Zyl: Soos ek dit sien

Joe Venter: 58 jaar se sport-genade (2013)

Sarel Venter: ’n Plek in die son…Die Afrikanerklub van Bloemfontein (2007), Waar rats die ribbok gaan ... Briewe van Elsabe Steenberg (2018)

Markus Viljoen: ’n Joernalis Vertel (1953)

Tobie Wiese: Die verhaal van Elandskloof (2009), Die Bike-boek (samesteller, 2009); Geheime revolusie (saam met Niël Barnard), Wreed en mooi is die dood (samesteller, 2019)

SF Zaaiman: Die geskiedenis van Die Volksblad 1917-1925, Die geskiedenis van Die Volksblad 1948-1958

Paul Zietsman: Die Taal is gans die Volk (1992), Paul Kruger se laaste jare (1899-1904).

  • 6

Kommentaar

  • Hennie van Deventer

    Herman is lief vir die word "moerse". Hierdie was 'n "moerse" onderneming, Herman. Geluk met die inisiatief en dankie van ons algar wat iewers in jou lys opduik. Nie die minste nie, dankie van Volksblad, ons geliefde, veel onderskatte koerant.

  • francois verster

    Joernaliste skryf deesdae boeke dat dit klap ja, ook van ander koerante - dink aan Elsabe Brits, Riette Rust, Karin Brynard ... die lys gaan aan.

  • Kan ek `n klip tussen die volk se blaaie gooi?

    Hoeveel se boeke sou gepubliseer gewees het indien hulle nie joernaliste was nie?

    Ek is by `n paar geleenthede deur uitgewers vertel dat ek goed skryf, en dat my manuskripte "goed, leesbaar, uitgeevaardig" is, MAAR: ek is onbekend. Lesers verkies klaarblyklik om eerder `n "bekende naam" se boek te koop, as `n onbekende. Uitgewers verkies daarom om boeke te publiseer van `n persoon wie se naam bekend is. (Is dit werklik so, of wou hulle net nie eerlik wees oor my swak penvaardigheid nie?)

    Hoeveel debuutskrywers het nog nooit in die uitgewersbedryf/uitsaaiwese ens. gewerk nie? Met ander woorde: hoeveel debuutskrywers is totaal "onbekendes"?

    Is dit goed vir die toekoms van Afrikaans?

    (Ek sal skuilnaam gebruik, alhoewel ek darem een artikel vir Volksblad geskryf het.)

  • Hennie van Deventer

    Hope debuutskrywers was natuurlik nie joernaliste of hoegenaamd bekend voordat hul boeke die mark getref het nie. Nietemin: Uitgewerskommentaar sal interessant wees. Sal ook graag wil weet watter rol "bekendheid" in besluitneming oor publikasie of nie speel en of dit swaarder weeg as die verdienste van die manuskrip.

  • Marina Van Wyk

    Volksblad en Vrystaat is soos een groot, hegte familie met kwaliteit mense en menings. Dankie Volksblad en lojale meningsvormers!

  • Francois Marais

    Ek is op soek na Peet Simonis se boek "Kom Bou Saam" en sy boek met bouplanne.
    Groete
    Francois Marais

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top