Voetpadkind

  • 9

Fotobron: Canva

ek soek my stukkend na myself
in die los gruis langs die pad

in die droë gras langs die water
in die koelte langs die son
in die winter langs die somer
in die dryfsand langs beton

ek vind ’n leeftyd van belange
in die meulsteen om my nek
en my waarde hier op aarde
hou my lankal vir die gek

  • 9

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top