Teater: Vlooi kom weer Kunstekaap toe!

  • 0

Vloo en die Eiland
Waar: Kunstekaap Teater
Wanneer: 12-30 Aug (Afr-12-16; 26-30 Aug; Eng-19-23 Aug),
09:30 en 11:00 (weeksdae)

Vlooi, Biebie en Kalla is oppad na ‘n kostuumpartytjie as die towersleutel begin gloei en skielik bevind hulle, hul in ‘n klein bootjie met ‘n ou, getekende kaart en die avontuur begin...

Hulle beland op ‘n skynbaar verlate tropiese eiland.  In die verte is ‘n skeepswrak met ‘n seerowervlag en die seuns is uit hulle velle van opgewondenheid, want hulle is dan juis aangetrek as seerowers.  Biebie is minder opgewonde en skrikkerig, veral as hulle aan die anderkant van die eiland ‘n donker grot met skedels en geraamtes vind.

En dan daag die regte egte seerowers, Napoleon en sy vrou Katharina, op. Vlooi-hulle het die maats in die gehoor se hulp dringend nodig om uit hul seerowerkloue te ontsnap.

Dis die 13de jaar dat die Vlooi produksie, gebasseer op die voorgeskrewe Vlooi leesreeks,  deur Krazy Katz in samewerking met Oxford University Press en Kunstekaap aangebied word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top