"Vlinders" deur Adri van der Westhuizen

  • 0

Vlinders

Op ? dag, my fladderende vlinder
gaan jou vlerkies tot as verskroei
Te naby die son van dwaasheid
Te warm die gloed oor jou

Alleen verlore, verlater, verwyte
Het maar gekyk, geluister
Seerkry is geen grap
Net een alleen verloor

Verlore sielsvrede, liefde van ? kind
Sien jy waaroms in hul oë?
Het hul dit alles ooit verdien?
So skroei die warm son die vlerke

Brand fyne vlerkies droog
Kan nie meer opstyg na die hoogte
Val hard na benede, moeg
Vergaan in as
en stof vergete, valse vreugde, net trane en berou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top