"Vleiskombers" deur Claus Wegmann

  • 0

Vleiskombers

Jy is die mooiste mens
wat ek al in my bestaan
met my eie oë gesien het
En ek sal die storms vra
om jou nie bang te maak nie
Maar ek kan niks belowe nie
hulle het nie ore nie

REFREIN:
Maar tenminste weet jy nou
as dit kom by tande kners
staan ek hier reg voor jou
en doen aansoek as jou vleiskombers

Terwyl ek 'n klip in my hart dra
het jy ingespring en aangedring
om die rots uit my bors te bring
Nou wat het ek om oor te kla?
Ek voel hoe die skaatse van die klip
'n vlam in my hart laat wakker skrik
Ek sou dit nooit kon dink

REFREIN

Vir lank het ek hier kruppel gewandel
te bang, te trots, te selfbewus
om iemand my te laat behandel
en jy ken mos die vloek van 'n emosielose kus

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top