Vlakvark Ramba
Fiksheid is die in-ding
ek stap elke môre
Eers doen ek die dorp se kant
tot by die lang opdraande
Party stap in groepe
ander draf soos troepe
Net hier in die Noorde
Geniet ons almal die stap mode
REFREIN:
Hier in Phalaborwa
Het ek leer ramba
Tussen huis, teer en bosse
as die vlakvarke hamba
Hier in Phalaborwa
Het ek leer ramba
Tussen huis, teer en bosse
Dans ek die vlakvark ramba
Uitasem hier halfpad
skielik skril daar alarms
Toe die tarentale lostrek
want mens betree hul blyplek
Genade hier kom dit
knielende vlakvarke
En net daar sien hulle my
daai boom daar gaan nie hou nie
REFREIN
Pootuit kom ek tuis aan
ek wonder oor wonde
Daai tande was vlymskerp
Sjoe, nee, ek is ongeskonde
REFREIN:
Hier in Phalaborwa
Het ek leer ramba
Tussen huis, teer en bosse
as die vlakvarke hamba
Hier in Phalaborwa
Het ek leer ramba
Tussen huis, teer en bosse
Dans ek die vlakvark ramba
Die vlakvark ramba
Vlakvark ramba
Ramba


