"Vlak" deur Jaomi Zeeman

  • 0

Vlak

Iewers in hul loft woonstelle klink hulle 'n glasie
Iewers in grand hotelle pose hulle met grasie
Superryk, fanatici, styl-elite, tert en kie
Media-slawe, trend-navolgers,
prikkelpoppe, voorblad-wonders

REFREIN:
Hoor jy die geraas
players op die vals trompette?
Wie is nou die baas?
Ons maak nou ons eie wette
Leë tale, hol simbale, ons partytjie vir 'n vale (x2)

Golden smiles vir die gepeupel
klatergoud uit silwer lepels
Publicity is goed, my skat
Botox hou my plooie plat
Stommerike, marionette
is verslaaf aan etikette
Party-planners, moet-hê rokke
photo shoppers, modepoppe

Dalk kry ons nog wat ons soek
Dalk net bietjie dieper delf
Dalk 'n ander invalshoek
Dalk kry ons dan tog onsself

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top