Vlak
Iewers in hul loft woonstelle
klink hulle ’n glasie
iewerster in grand hotelle
pose hulle met grasie
superryk, fanatici,
styl-elite, tert en kie
media-slawe, trend navolgers,
prikkelpoppe, voorblad-wonders
Koor
Hoor jy die geraas
players op die vals trompette
wie is nou die baas
ons maak nou ons eie wette
leë tale, hol simbale, ons partytjie vir ’n vale (x2)
Golden smiles vir die gepeupel
klatergoud uit silwer lepels
publicity is goed, my skat
botox hou my plooie plat
stommerikke, marionette
is verslaaf aan etikette
party-planners, moet-hê rokke
photo shoppers, modepoppe
Brug
Dalk kry ons nog wat ons soek
dalk net bietjie dieper delf
dalk ’n ander invalshoek
dalk kry ons dan tog onsself
Koor
Hoor jy die geraas
players op die vals trompette
wie is nou die baas
ons maak nou ons eie wette
leë tale, hol simbale, ons partytjie vir ’n vale (x2)
Vertaling van Engelse woorde
Alhoewel die invoeging van die Afrikaanse vertaling van die Engelse woorde in die lirieke die ritme bietjie gaan beduiwel, gee ek dit tog hieronder. Die vermenging van die taal in hierdie lirieke verskerp myns insiens juis die oppervlakkigheid wat die titel aandui en ook die tema is.
Loft – dak
Grand – deftige
Pose – poseer
Trend – neiging
Golden smiles – goue glimlagte
Publicity – publisiteit
Party planners – partytjie beplanners
Photo shoppers – foto dokters
Players - spelers
![]() |



