"Visioen van 'n Hemelkind" deur Floris Brown

  • 0

Visioen van 'n Hemelkind

“Ma, help asseblief met my hemp”
Tog, kon hy daarin slaag om die
wêreld met ongeloof te laat staar
na emosie-waarneming in sy prent
Ja, nog ’n visioen van ’n Hemelkind

Niemand kon glo dat hierdie kind
soveel hoge drome kon hê
Dat hy met pastel, kwas, sy vliegtuigies
kon laat vlieg deur erge gure stormwind
Net nog ’n visioen, van ’n Hemelkind

REFREIN:
Luister na visioene van ’n Hemelkind
In hemelkinders lê ’n visie opgesluit
Hulle vertel dit deur vensters
Hulle vertel dit deur hul toenadering, liefde en geduld
As ons net wil dieper, dieper kyk na die visioene van ’n Hemelkind
Na visioene van ’n Hemelkind

Kom skrifgeleerdes, vat Hemelkinders aan die hand
Wys Kunsgemeenskappe van Afrika hul Oscars
op enige terrein
Glo dat met hul visioene niks verkeerd is
wees trots op visioene van ’n hemelkind

REFREIN

Niemand kon glo dat hierdie kind
soveel hoge drome kon hê
Dat hy met pastel, kwas, sy vliegtuigies
kon laat vlieg deur erge gure stormwind
Net nog ’n visioen, van ’n Hemelkind

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top