Vers 1:
Almal het 'n storie, al verskil is die karakters en die plot
Elke storie het sy held, maar so ook sy lot
Ek glo nie myne is veel anders as joune
Kalm en heel van buite, maar steeds seer en gebroke van binne
My hart ook verskeur en op leuens bly teer
Brug:
Oor baie is ek onseker, maar seker is ek nou
Ek sal altyd bly vasklou aan jou
Koor:
Daar is altyd n uitkomkans
’n tweede kans
’n oorwinningsdans
En tussen die chaos ook soms balans
Vers 2:
Harmonies georkestreer om in dieselfde melodie as jy te leef
Al my bloed, sweet, trane en vrees om by jou te wees
Ek kyk op na hierdie stad, die ligte en die lewe
Dis dan wanneer my hand begin bewe
Want die eerste tree van ’n lang reis is nou eers geneem
Brug:
Oor baie is ek onseker, maar seker is ek nou
Ek sal altyd bly vasklou aan jou
Koor:
Daar is altyd n uitkomkans
’n tweede kans
’n oorwinningsdans
En tussen die chaos ook soms balans
Vers 3:
Dit bly koud vanaand
En hierdie held vat langer as beplan
Ek weet nie hoe lank ek nog sal kan uithou en wag
Sal kan voorgee en lag
My gedagtes al weer in nood
En ek’s weer besig om my gevoelens weg te stoot
Brug:
Oor baie is ek onseker, maar seker is ek nou
Ek sal altyd bly vasklou aan jou
Koor:
Daar is altyd n uitkomkans
‘n tweede kans
‘n oorwinningsdans
En tussen die chaos ook soms balans
Jy wou net vriende wees
Ek wou meer wees
Jy wou net hande vas hou
Ek wou nie los en het aanhou klou
My hand laat gaan
Maar nie my liefde vir jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Dude! Hierdie is mal goed!! Love altyd jou werk!! Dis inspirerend!!!!