Vir Wouter en Angus

  • 2

Nee Wouter, ek ken Comester glad nie, ek weet nie eens waar hy hom bevind nie. Ek self woon in PE.

Angus, ek sou liewer nie speurder wou speel nie, dis baie moeite.

Terloops Angus, Engels het die woord "dapper" in die 15de eeu uit Middel Nederlands of Middel Lae Duits gekry, waar dit beteken het "bold, heavy". In Engels beteken dit vandag onder meer "alert and lively or brisk, nimble" Dit kry ek in my Encarta Woordeboek. Kry vir jou 'n goeie etimologiese woordeboek, dis altyd baie interessant om die oorsprong en ontwikkeling van 'n woord na te slaan.

Groete,

Varkspek

  • 2

Kommentaar

  • Hello Varkspek 

     
    Dit is na aanleiding van 'n grap van baie jare gelede wat soos volg gaan. 
    Die vraag word aan my gestel;
     
    Het jy 'n TV? 
     
    My antwoord: 
     
    Ja
     
    Die grapjas: 
     
    My ouma ook, dan behoort jy haar te ken...
     
    Weet nie hoekom dit vir my snaaks was nie, maar dit was ... en vind ek die belaglikheid daarvan nou nog amusant. 
     
    Daarom dan die Uno... 
     
    Aan die hand bogenoemde die stukkie humor. 
     
    Daar was werklik niks 'lelik' bedoel nie. (Regtig)
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • CorneliusHenn

    Hahaha Wouter, jy jok! Jy't dan al voorheen selfs moeite gedoen om my kerklidmaatskap na te gaan wat ek kamstig sou "laat val" het!  Tog is ek bly daaroor; dis hoe dit hoort - kom jy nou liefs 'n slag agter jou masker uit ...

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top