Vir Reusedwerg

  • 0

Reusedwerg se brief, Kommentare van openbare figure, het toevallig saamgeval met ’n artikel oor ’n soortgelyke strekking wat in Trouw verskyn het – “As jy vlieënde olifante sien”. In dié artikel word die rubriekskrywer van die New York Times, Thomas L Friedman, aangehaal wat aan joernaliste gesê het: “As jy vlieënde olifante sien, hou jou mond en maak aantekeninge.”

Friedman meen dis nodig dat goeie, kundige kommentaar ingewin word voor ’n artikel oor ’n komplekse situasie geskryf word.

Vir my, ’n byna voltydse aktualiteitskommentator, is dit onvanpas om ’n mening oor ander Suid-Afrikaners wat as kommentators optree uit te spreek. Maar hoekom die boere so lief is om Max du Preez as spreker na hul vergaderings – eers die provinsiale kongres van Vrystaat Landbou en toe Nampo-oesdag te nooi - klink nogal vir soek na ’n geleentheid om met iemand te verskil.

Maar het iemand al opgelet hoeveel doodeenvoudige propagandiste noem hulself deesdae dinge soos “direkteur van strategiese kommunikasie”. Soos iemand wat aan die hoof staan van ’n opvoedkundige instelling se skakelkomponent.

Het die een wat daai titel uitgedink het enige benul van wat die term “strategiese kommunikasie” beteken, en soos dat dié soort kommunikasie geloofwaardig moet wees, en nie leuens of bogpraatjies mag bevat nie?

Gaan tik gerus die term “nog nie teen druktyd” (die ou ter perse gaan) in enige van Media 24 se elektroniese argiewe en kyk hoe onse staat se “skakelbeamptes” versuim om te skakel.

Ja, en kommentaar van diegene met die groot titels soos “strategiese kommunikasie” neig ook tot volslae swygsaamheid as die inligting wat verlang word, nie vreeslik blink gepoets kan word nie.

Herman Toerien

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top