Hallo Perdebytjie
Ek is baie bly jy het die geleentheid om sterre by Sossusvlei te kyk, benut en dit geniet ook. Dis bekende terrein vir my waar ek as destydse kommandolid ’n bivak bygewoon het en baie herinneringe het weer opgedoem.
Jupiter is tans natuurlik dié planeet omdop te hou weens sy gunstige posisie tov die aarde en omdat dit feitlik die hele nag sigbaar is. Ek sou wat wou gee om destyds aan Galileo se sy te wees toe hy die eerste keer met sy ou piepklein teleskopie vir Jupiter met sy mane in beeld gekry het.
Moet egter nie nalaat om elke aand vir Venus en Mercurius in die weste dop te hou nie. Die verskil in helderheid is veral opvallend in ag genome dat die helderder Venus tans 1.3775 AE en half agter die son is terwyl Mercurius slegs 0.85 AE van die aarde af geleë is en besig is om op die gaping tussen die aarde en die son af te pyl.
Groete
Panda

