"Vir oulaas" deur Nelis Britz

  • 0

Vir oulaas

Ek gaan nie slim woorde gebruik nie
Ek gaan nie probeer rympies maak nie
Ek gee nie om as niemand verstaan nie
Ek vra net een ding, vir oulaas

As ek vir oulaas een wens gehad het vanaand
en ek kon vir oulaas enige iets kry
Baie wyn of emmers vol sonskyn
sou ek eerder gewens het vir een laaste geselsie met jou vanaand, vir oulaas

Dis snaaks hoe dit werk
die een wat die seer kan beter maak
is die een oor wie die seer gaan
En dalk die enigste een wat sou verstaan?

Maar mense verstaan nie altyd nie
en mense gaan aan, want hulle moet
Maar 'n engel hou ons dop van bo af
en 'n engel glimlag, want hy verstaan

Ek wens vir 'n drukkie, vir oulaas
maar sit dan eerder jou vlerk om my vir nou
Tot eendag, waar ons nooit weer hoef te vra "vir oulaas" nie

So, vir oulaas vra ek
gee my een wens asseblief
Vir 'n laaste geselsie en 'n laaste drukkie
Vir nou, vir oulaas, asseblief

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top