die waai van die wind
en die son se brand
sonder toe die paar
misvormde tinger steggies uit...
ongemerk deel van die
lewensgeel Canola verfstreep
en maak hul bewus van hul
andersheid
eensaamheid
ver verlang
ongeelheid
momenteel wil hierdie bewustheid
soos ’n kanker groei...maar
die waai van die wind
en die son se brand
golf die massa geelheid
tot dit aanraak
tot dit toemaak

