Vir Kobus: Kennisleer

  • 0

Hello Kobus

Ek wil nie my antwoord aan jou afjaag nie en sal dalk nie nou heeltemal laat reg geskied aan jou skrywe nie, met daardie beperking in plek, (slapenstyd is naby), net die volgende.

Die stelling van honderde miljoene ateïste staan, aangesien dit die syfer is, waarmee vorendag gekom is in die Cambridge Companion to Atheism, daardie besonderhede kan dus bevestig word in ’n volgende brief.

Die aard van jou brief, bevestig weereens die stelling gemaak deur my, dat as ’n groep, die magtige groep van gelowiges, verklaar jy dat julle groep “alleenkennis” het van die waarheid. Dit staan dan in kontras tot die waarhede en kennis wat die groepe wat in kontras tot jou magtige groep gelowiges staan.

Daardie groeperinge is volgens jou verkeerd in hulle aanbieding van die waarheid en het nie eers aanspraak tot die waarheid nie. Vervang die woord waarheid met kennis, dit kan geskied sonder enige verlies.

Hierdie is filosofie 101 en word nie eers baie goed deur my aangebied nie, maar dit is die essensie van die argument.

Kennisleer.

Dit is dus ’n konflik van kompeterende waarhede. Daar kan gekibbel word oor die word en gepoog word om dit te vervang met eiekennis, maar gaan nog steeds nie ’n oplossing bied nie, aangesien alle groeperinge se lede kan aanvoer dat hulle eiekennis net so geldig is.

Wie kan of gaan dit besleg?

Die opregte gelowige as ’n groep staan vir ’n waarheid, alhoewel dit in duisende kleiner groepe gedeel kan word, met die Roomse Kerk wat nog steeds die grootste groep uitmaak met 1,1 miljard mense sterk.

Die Moslems is ’n groep in eie reg, ongeveer 1,2 miljard mense sterk, maar nog meer radikaal oor hulle waarheids aansprake en voer aan dat hulle groep die waarheid volbring en Christenskap absorbeer het.

Die ateïste staan nie as ’n groep as sodanig nie en is verspreid in die samelewing, nog meer so as bogenoemde groeperinge.

Almal kan dus aanspraak maak op eiekennis as verteenwoordigend van die groep waarin die persoon funksioneer se waarheid. Daardie groep se “alleenkennis” dus.

Daar is dus weereens nie ’n manier hoe dit opgelos kan word nie, en ’n aansprake tot die waarheid as sodanig los nie die probleem op nie.

Aangesien my argumente met Godsdiens in verlede is, geen bekering van my kant nie, waarvan ek jou nie vertel het nie, maar slegs die besef, dat elke groep, ’n logiese, volledige uiteengesette waarheid formuleer het en verkondig en in hulle interne logika konsekwent is.

Jy gaan daarom nie oortuig word nie, en gaan daar geen poging van my kant af wees om te probeer nie.

Die dag tot dag eb gaan voort ten spyte van die argumente hier en hoe die mense hulle eiekennis, alleenkennis en/of waarhede ervaar.

Een opmerking tog, die een wat ateïste aan die wetenskap koppel en volgens jou as ’n dekmantel gebruik word, is ’n aspek wat ek sal wil ondersoek, aangesien dit vir die wetenskap, ’n woning met baie kamers, voordelig sal wees indien dit nie as die “wapen” van ateïste gesien word nie.

Maar dit is hoe dit aangebied word en veroorsaak probleme in die samelewing en maak van wetenskap ’n “bogeyman”.

Laastens, hierdie debat is, God et al, is net nie meer so voorop in my eie denke nie, daar is ander aspekte van ons bestaan wat ek wil ondersoek, net soos die gesprek volgens die riglyne wat Godsdiens my meer welgeval.

Daarom het ek vandag, na besprekings oor die idees wat Fall & Redemption aanspreek geluister, om die interne logika daarvan te probeer volg.

Sal dit en ander later met jou wil deel.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top