"Vir Jouself" deur De Klerk Oelofse

  • 0

Vir Jouself

Hou op voorgee, jy's pretensieus
Veroordeel broederlike liefde vir jouself
Om die self te vind, moet jy diep gaan delf
Ver bo die magdom aanvaarding wat jy vrees
Bewerkstellig jou eie ondergang
Die elastiese tou waaraan jy hang

REFREIN:
Meeste mense sukkel om te glo
As jy doodgaan as 'n held
Is jy nogsteeds dood
'n Leefwêreld sonder onvermoë
Sonder genesing nog verlore
Siele in die sloot

Te veel buiten liefde op die spel
Selfs al doen ek hierdie sondedaad
'n Ekstreme vlak van hoogverraad
Bly die lewe vir jouself yskoue hel
Almal het hul selfsugtige streke
En tru vooruit sonder die wete

REFREIN

Die refrein in jou kop
Die geskreeu hou nooit op
Die refrein in my kop
Die geskreeu hou nooit op

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top