
Foto: Canva.com
Vir jou, my kind, sal my besem altyd vee
Klein sinkplaathuis
Die labels van blikkies kos
Al wat die koue sink
versier
Tien taxi’s
ver om by die werk te kom
om net die paar rand te verdien
Jou kinders kos en skool
toe te kan stuur
Nooit ’n dag af
Lyf wat al pyn
om die ryk werkgewer
se huis te skrop
Maar sal nooit opgee
Sal skoonmaak
’n Duisend besems deurvee
Om my kind ’n beter lewe te gee


Kommentaar
Hart