Vir Johrné oor Deon Opperman

  • 0

Of Deon ? “gap” in die mark gesien het, of hy geloftedag vier, en of jy sy geloofsoortuigings betwyfel, is irrelevant. Baie mense sien “gaps”. Ek hoop ek sien ook binnekort een!

Steven Spielberg maak movies oor die onregte wat “sy mense” (die Jode) deur die Duitsers aangedoen is. Wat het die moderne Jood vandag daaroor te sê? Krap Steven ou wonde oop? Blaas hy haat aan? Maak hy ou issues, nuwe issues? Freak hy die hedendaagse Duitsers uit?

Kanse is egter goed dat Steven ? Merc, Porsche of BMW besit – moontlik al drie genoemde fabrikate! Dalk nog as geskenk van sy Duitse pelle gekry!

Stevie wou geld maak – dis hoe ek dit sien. Vir homself, maar met ? duidelik sigbare “Joodse sentiment”.

Is dit fine met jou as die “comrades” steeds “we pledge to kill all whites” tydens sekere geleenthede sing, as Zuma van sy “masjiengeweer” sing? Terselfdertyd is die “De la Rey”-fenomeen vir jou ? pendoring in die vlees? Hoekom? Dalk omdat Pallo Jordan hartkloppings kry oor “Afrikaanse sentimente”?!

Ek dink nie Deon beplan ? armed struggle nie. Hy is bloot passionate oor ? saak wat steeds vir hom en baie ander mense meriete het. As hy geld maak in die proses, goed vir hom.

Sien jou een of ander tyd!

André Swiegers

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top