Hello Jan
Sal tog kyk na die verloop van die dekking in die argiewe oor die behandeling van die Rooihuide. Alhoewel ek al ’n opstel of twee gelees het in ander publikasies en dit was nie positief nie oor die ongelukkige omstandighede waarin hulle verkeer het. Die verwantskap wat jy daar probeer stel is duidelik.
Daar word kennis geneem van die bevestiging van jou argument dat ’n mens nie dink of droom nie in ’n taal nie. In ’n vorige brief het ek ’n wenk aan jou gebied met die woord "mentalese" wat jou standpunt ondersteun en gewag dat jy dit sou optel en uitbrei daarop. Jy het nie.
Daar is argumente teen die konsep van "mentalese", ’n teorie ontwikkel deur Steven Pinker en kan op ’n latere stadium ondersoek word.
Jan, die ontkenning van apartheid deur jou was ’n laagtepunt, wat my nie ywerig gemaak het om verder in gesprek met jou te wou wees nie, net soos Belhar ’n ernstige bespreking verdien, aangesien die Afrikaner-Kerk aandadig was aan apartheid in die ergste graad.
Baie dankie
Wouter

