Ek het ’n takie gehad en kry toe hierdie gom. Probeer toe die instruksie lees wat om te doen om die kwas weer skoon te kry. Geen Afrikaans op die omhulsel nie, net Engels en dié tale:

Soos wat jy sê, hulle beskou Afrikaans nie eens meer waardig om ook bygevoeg te word nie.
Groetnis,
Raed-na-Gael


Kommentaar
Nes jy daar sê Raed-na-Gael. Ons is nie meer in tel nie - ons is 'n verslane volk (en BAIE goeie onderdane, getroos en tevree soos die osse van Cilliers). Ons maak nie golfies nie en die wat wel hulle misnoë uitspreek word gekapittel deur ons eie mense. Wat 'n verleentheid, wat 'n skande.
Raed, indien die blikkie ingevoer is, is die antwoord vanselfsprekend, indien in SA vervaardig, betreurenswaardig.
Ek is seker, as jy die instruksies gevolg het, is die kwas mos nou skoon.
Jaco, lanklaas van jou gelees. Nee, ek doen toe maar die ding waarvan baie hier my beskuldig en 'Raed-'n-Google' Genkem toe - en sien dat hulle al sedert 1939 hier by 'ons' sake doen. So wat sê jy, weet hulle van Afrikaans?
Angus, anders as jy wat Engels as huistaal het, verstaan ek nie Engels lekker nie, so ou, my kwas is nog nie gebruik nie en dus nog skoon.
Raed
Ja, verseker. Enige besigheid wat dan sedert 1939, veral oor die tyd van Afrikanernasionalisme, bestaan hoort hul produkte ook in Afrikaans weer te gee, veral aangesien hulle dit doen met ander aankopers van hul produkte.