Hello Jan
Dankie vir die reaksie van jou kant af. Ek glo dat van die kwessies uitgelig deur jou in jou brief, wel aangespreek is in hierdie brief van my en is die afleiding in hierdie kommentaar dat daar eerder ooreengekom moet word om te verskil. (Agree to disagree.)
Daar is geen behoefte van my kant af om enige erfenis van die Afrikaner te vernietig nie en indien Engels ’n groter rol en selfs ’n oorheersende rol in ons bestaan speel dan is dit agv die samelewing waarin ons bevind. Joinerisme het niks daarmee te doen en vir jou om nog in sulke tipe taal te praat in hierdie moderne tydperk is doodgewoon oudmodies en pleinweg jingoistïes. (Chauvinistic patriotism.)
Daar is genoeg vir jou om te ontleed en van sin te probeer maak. Hoe anders kan die militante aanslag van jou hier verduidelik word, tesame met ’n radikale en onmoontlike purisme wat pleinweg nie meer haalbaar is nie waarop jy hier aandring en die fantastiese uitsprake deur jou wat dit tot gevolg bring. Onlangse voorbeelde is die verwysings na telefoonboeke as ’n bewys van Engels se oorhand. Is dit verwysende na 1971 of nou 2011, en hoe bevestig dit wat op TV was of in die pers gebeur het, net soos met die kwessie van die onnies, dat dit deur jou as ’n argument beskou is, is net te dik vir ’n daalder of die beskuldigings van joinerisme, en die popsielkunde van boetedoening.
Fantasties, fantasie die hele spul.
Tesame daarmee, en net soos Canute probeer jy die see berispe, terwyl dit golf vir golf jou woorde oordonder en skaars hoorbaar maak. Dit ontken nie jou of Canute se reg om uitspraak te lewer nie en weerstand te probeer bied teen ’n see van probleme nie, maar die idee dat ’n radikale purisme soos deur jou verwoord die norm moet wees hou nie water nie.
Wie sal die finale gesag wees?
In Frankryk is daar die Akademie wat die riglyne bepaal, weet egter nie hoe die burgery dit inneem nie.
Net soos dit nie baat om gedurig die verlede te probeer wanvoorstel nie met die ongelooflike en fantastiese verklarings waarmee jy vorendag kom. Die alternatief ontbreek nou, maar in Engels, die “spin” waarmee daar vorendag gekom moet word is verstommend.
Elke brief in die onlangse siklus van jou kant af, dra swaar aan die “spin” en dit is werklik ’n openbaring om te sien tot watter uiterstes daar deur jou gegaan moet word om daarby uit te kom.
Dit is egter hoe dit is en sekerlik deel van argumentvoering.
Laat die “spinning” kom. Dit is amusant in eie reg dat jy glo dit is argumente wat werklik oortuig.
Baie dankie
Wouter

