Hello Jaco
Aanvaar asseblief my verskoning indien nie alle kwessies in jou brief aan my aangespreek is in die gesamentlike brief wat as ’n antwoord aangebied is aangesien dit uit die aard daarvan is net sekere temas aanspreek en op uitgebrei is in die antwoord. In wese het ek met die briewe van gister van die debat afgestap en is daar geen ekstra argumente wat aangebied kan word sonder om van die vorige argument te begin herhaal. Daarom word daar nie meer aangebied in hierdie brief nie.
In die lig daarvan is hierdie brief om te bevestig dat die temas in hierdie brief van jou erken word en die logika daarvan verstaan word, alhoewel dit nog steeds moontlik is om te verskil daarvan en in oorweging te bring van hoe die dag tot dag werklikheid daarna uitsien en hoe die stryd deur Engels gewen is.
Hoe die stryd op die universiteite gaan uitwoed word met belangstelling deur my ook gemonitor aangesien ek belangstel oor hoe die argument kan ontwikkel en sal graag wil sien hoe die betekenis “parity of esteem and must be treated equitably”, wetlik ontleed word en prakties implementeer kan word en of daar enige burgerlike organisasies wat die vraag na die howe sal bring sodat dit getoets kan word.
As antwoord op die ander temas in jou brief.
Die verhouding tussen Afrikaner en Brit is ook een wat my nie met ongemak vul nie en ervaar ek nie die ABO as ’n persoonlike affrontasie nie. Daar is begrip vir die trauma wat dit veroorsaak het in die psige van die Afrikaner en hoe dit oor generasies heen uitgewoed het. Dit was ’n volksmoord en moet in daardie lig gesien word. Gereeld dink ek tog hoe dit die Afrikaner gevorm het en die verloop van die geskiedenis vorm gegee het? (Ons Mense – KykNET het ’n program daaroor gehad).
In teenstelling tot dit, is dit wat die Afrikaner aan die rasse hier gedoen het, vir my nie afgehandel nie, nie in my gemoed nie en dalk en dit kan nie bevestig word nie, dalk in die wat te nagekom is ook nie en daar is ’n vraag oor dit gaan uitspeel. Ek is nie ’n profeet nie en waag geen voorspellings nie, maar dit word waargeneem om te sien hoe dit kan uitspeel. In daardie sin is die geskiedenis nooit afgehandel nie, die verlede nie verby nie, en verskil ons ingesteldheid daaroor, die verlede sal altyd ’n faktor en ’n bekommernis wees in my gemoed.
Die idee van Hegel, tesis teenoor antitesis wat uiteindelik tot sintese volg, sal dalk nie geskied nie, aangesien dit ’n gesamentlike identiteit impliseer en dit is nie seker hoe die pole van liberaal en regs kan saamkom nie.
Eerder dan Kierkegaard se voorbeeld wat tesis en antitesis nie versoen nie en dit onversoenbaar laat.
Jou Hegeliaanse idee veronderstel ’n rigting in geskiedenis met ’n duidelike einde in sig en al mag daar baie argumente wees wat sulke eindbestemmings gesien het is dit dalk meer korrek om te aanvaar dat die antwoord nog onbeslis is.
Daarmee dan, net soos jy ondersteun ek ook die DA, ’n party wat as veronderstelling die multikulturele front waarna jy verwys as funksie het en volgens my ook uiting aan liberale waardes gee. Met daardie liberale waardes kan Jan Rap hom nie versoen nie.
In die gees van jou brief, van my ook dan.
Afrikanergroete
Baie dankie
Wouter

