Vir die rekenkundige filosoof en wiskundige ploeteraar Kobus de Klerk

  • 0

Ek wonder nou al geruime tyd of jou Wiskunde darem al effens verbeter het en wou net toets. Klaarblyklik nie – wat ’n teleurstelling? Jou argument oor 2 x 0 laat seker teen dié tyd almal op die Sê skaterlag. In Wiskunde word geleer dat optel (+) en vermenigvuldiging (x) kommutatiefis. Om ’n voorbeeld te noem: 2 x 3 = 6 en omdat vermenigvuldiging kommutatief is, sal 3 x 2 ook 6 wees maar aftrekking is nie kommutatief nie want 3 – 2 is nie dieselfde as 2 – 3 nie. Nou, 2 x 0 behoort dus volgens dié reël kommutatief te wees d.w.s. 2 x 0 = 0 x 2. Volgens jou Wiskunde is hier blykbaar ’n uitsondering op die reël en is 2 x 0 = 2. Nou hoeveel is 2 x 1 dan?

So jy reken my breinkrag is nie voldoende om saam met jou oor rekenkundige filosofie te gesels nie. Jy maak ’n al groter krater van jouself man en jou verwaandheid ken geen perke nie. Maar kom ek los maar jou wiskundige geploeter voorlopig eers daar.

Lyk my ook enige beweging wat nie die tien gebooie in sy grondwet opgeneem het en nie byeenkomste met Skriflesing en gebed en samesang open nie, word deur jou as agnosties gediagnoseer. Ek gee toe dat ek verkeerd was met my stelling oor agnostiese bewegings en dat sommige wat jy uitgewys het, aan hulle name geoordeel, verdag voorkom. Maar ek het die moeite gedoen om te gaan nalees oor “skeptiese Suid-Afrika”. Ek merk op dat dit oop is vir almal – dus vir agnostici, ateïste sowel as vir gelowiges. Al vereiste is dat jy ’n skeptiese ingesteldheid moet hê en jy wat so skepties is oor die heliosentriese sonnestelsel en fisika wette, oa die wet op swaartekrag, is bv ’n uitstekende potensiële kandidaat vir lidmaatskap.

Wat jou sarkastiese opmerking aan betref dat ek my te veel met onbewysbare astronomiese fabels besig hou dink ek jou terminologie laat jou effens in die steek. ’n Fabel is eintlik ’n storie, gewoonlik oor diere wat menslike karakters vertolk en menslike gedrag naboots en wat gewoonlik ook ’n morele les inhou bv die fabel oor Bileam se pratende donkie. Nou waar op aarde het ek al ooit met ’n fabel oor astronomie gekom? Ek ken nie eers een nie!

Groete

Panda

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top