Vir Comestor: ’n Afspraak – II

  • 0

Ten opsigte van Ockham se lem, wat kan daar geskryf word wat nie alreeds aangedui is in hierdie brief nie. Jy moet verstaan dat oor tyd word kennis opgedoen en dit word gebruik wanneer die geleentheid hom voordoen.

Dan beweer jy dat selfs jou nie-politieke boeke “kraak” ek jou aanbieding daarvan af.

Nie waar nie.

Martel se Beatrice and Virgil deur jou.

Stilte van my kant af. (’n Onbenullige boek?)

Die briefwisseling tussen Mitford & Waugh.

Stilte van my kant af.

(Hier moet ek dit deel, jou bespreking het my die boek uit my boekrak laat haal en daar is uitstekende en baie snaakse gedeeltes. Ek wou die gedeelte waar Mitford bevestig dat sy werklik ’n kommunis is vir jou geplaas het en kommentaar lewer oor die feit dat so verskillend soos ons is, tog hierdie boek deel). Voorheen het jy geskimp hoe meer beskaafd jy is, en tog hierdie boek in die hande van hierdie “caliban”. Ek sou jou aanspreek as Prospero.

Jou bespreking van Didion.

Stilte van my kant af, maar het vir jou aandag ook, die forum attent gemaak van Blue Nights, net soos ek die Barnes bespreek het.

Ander boeke kan ek nie aan dink nie.

Bloomsbury volg ek nie en delf ek nie in jou skrywes wat daaroor handel nie.

Waar daar uitgekyk moet word, is wanneer jy besig is met politieke en godsdienstige boeke.

Met dit dan die slotsom is soos volg gegewe jou lys en word per boek aangespreek.

Robert Sackville-West & Adam Nicolson, gaan my nie aan nie, Bloomsbury en alles dit.

Charles Freeman: The closing of the Western mind. Sal dit nie op my lys plaas nie. (Die verwagting is dat hierdie boek vreugde in jou gemoed sal bring, Godsdiens wis rede uit.) Jou bevindinge word dus voorspel en dit is in pas met jou algemene standpunt bekend op die forum.

Allan Bloom: The Closing of the American Mind. Hierdie een het ek ongeveer 20 jaar terug gelees, as ’n voorgeskrewe boek. Dit was ’n boek wat groot oproer veroorsaak het in sy tyd. Ek weet nie of werklik weer na daardie argumente wil terug gaan nie, aangesien daar meer onlangse boeke oor die kwessie van onderwys is wat ek wil ondersoek.

Günter Grass: Peeling the onion. Ek sal belang stel in dit, net soos met die André P Brink: ’n Vurk in die pad.

Dit kan leersaam wees om Brink se ontleding van Suid-Afrika te lees. Ek sal die Brink op my lys sit, wanneer moet my weergawe in wees? Laat my weet.

Aylmer Maude: The life of Tolstoy. Sofia Tolstoy: The Diaries. Laat dit gaan.

Michael White: Galileo Antichrist. Brian Moynahan: William Tyndale. Lawrence & Nancy Goldstone: Out of the flames.

Laat dit gaan. (Grootliks omrede my “argumente” teen Godsdiens oor is.)

Die volgende vier boeke van Peter Godwin: Mukiwa, Rhodesians Never Die, When a crocodile eats the sun, en The Fear.

Sal The Fear op my lys sit, wanneer moet my weergawe in wees? Laat my weet.

James Boswell: The life of Samuel Johnson. JDF Jones: Storyteller. Sal eendag ’n biografie oor Johnson lees en dan sal dit Boswell wees.

My eie lys sluit in, na aanleiding van my gesprekke met Kobus, Christian Spirituality en ’n opstel van Anthony Hecht.

Komende van my belangstellings, Love: A History, Political Evil, The Terror of History, A Very Brief History of Eternity. The Dictator’s Handbook.

Asook oor mites, aan die hand van Vico deur Isaiah Berlin.

Gee my dus die datums van Brink en Godwin, aangesien ek dit wil inpas, in bogenoemde lys, tesame met wat die koerante en tydskrifte oplewer.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top