Beste Angus
In Hans se skrywe oor die Katalane (23 Okt) lui sy eerste sin so: “ Baie min mense in SA verstaan waarom.”
Ek dink hy is heeltemal reg, want bloedweinig indien enige mens in SA, het al vir Waarom gesien of gehoor of selfs in 'n boek van hom/haar/dit gelees. Nou weet ons mos almal as jy nog glad nie met die verskynsel Waarom te doene gehad het nie, kan jy beswaarlik vir Waarom verstaan.
Of dalk verstaan ek Hans verkeerd. Waarom?
Groete
Dirk


Kommentaar
Beste Dirk,
Jy het heeltemal reg. Waarom het eenkeer vir my in die tuin gehelp. Toe ek my weer kom kry, hardloop hy hoekom met my kruiwa en draagbare radio. Sedertdien het ek nog nooit weer vir Waarom gesien nie, selfs al kyk ek hoekom.
Groete,
Angus
Lui?
Onnosel stelling regverdig geen antwoord.
Niks verkeerd met 'lui' nie. Hoe lui die spreekwoord nou weer? Jy het die klok hoor lui, maar weet nie waar die klepel hang nie.