Vinnige vragies aan Wouter ivm sy renosters?

  • 0

Jy seg dinge wat geensins sin maak nie soos bv:

Already this year, 369 rhinos have been poached in South Africa. That's about thirty more than were killed in 2010 – and that was a record year for poaching.

Uh, in die vroeë gedeelte van die vorige eeu was daar na beraming sowat eenmiljoen renosters in Afrika, nou praat ons van honderde wat oorgebly het.

As daar slegs sowat 300 per jaar uitgewis was, wat het dan van al hierdie oorvloed renosters geword die afgelope 100 jaar?

Die SA- en Sjina-regerings het ook nou ’n ooreenkoms om nougeset saam te werk om die probleem van gesmokkelde diere produkte in die kiem te smoor.

Ek vermoed die strawwe vir die soort misdaad is veel erger in Sjina as in SA?

Hierso is daar bv die doodstraf van krag, watse strawwe word in SA opgeleg vir die probleem?

Dan wonder ek of jy bronne het wat presies aandui hoeveel Sjinese is betrokke by hierdie probleem?

Terselfdertyd sal ek ook wil weet hoeveel Vietnamese en Thais?

En natuurlik die Midde-Ooste, Yemen veral???

Uiteindelik kan jy ook asb aandui hoeveel blanke Suid-Afrikaners is betrokke asb???

Spesifiek Afrikaners???

Kan jy dan ook sommer uitleg die motiewe van die Afrikaners in die besigheid, en of daar hoegenaamd renosters op grootskaal gejag kan word sonder die aktiewe bystand van die Afrikaners??

Is hulle verhonger of andersins benadeel bv?

Laat ons bietjie eerlikheid sien op hierdie onderwerp?

Francois Williams

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top