Ek sien jy seg:
Verder waarsku sy dat jy liefs nie snags alleen met waardevolle goed in Windhoek moet beweeg nie. Diefstal uit motorvoertuig en huisbraak ook ’n probleem.
Uh, kan jy asb aandui waar hierdie algemene advies NIE van toepassing is nie?
Ek meen, ek reis nou al presies 21 jaar lank, en ek glo nie ek was al in ’n plek waar hierdie gemeenplases nie van toepassing is nie, tensy dit dalk op klein eilande is soos in die Filippyne met sy 7 000 plus eilande nie ... ek meen, op talle eilande kan diewe nie werklik ver gaan nie ... okei, op plekke soos Upington bv, is bogenoemde advies seker nie van toepassing nie, maar waar anders?
Francois Williams

