Jy is net nog een van die intellektuele leuenaars hier par excellence!
Jy seg:
Wat jou bakermatbrief betref is jy natuurlik weer hard besig om jou maatjies se matelose onbekwaamheid in die kollig te plaas. Jy sê "Ons in SA leef binne vermoëns, ons het verantwoordelike regering wat intelligent te werk gaan ..." terwyl die koerantink nog nat is oor die minister wat in ’n paar maande oor die R10m aan huurvlugte bestee het, ’n vorige polisiehoof tronk toe gestuur is vir bedrog, honderde polisiemanne se korrupsiesake hangend is, departemente in drie provinsies onder geregtelike bestuur geplaas is, hoë amptenare (onderwys of iewers) geskors is vir die verduistering van miljoene ...
Okei, ek daag jou om enige land ter wêreld te noem waar bg dinge NIE gebeur nie, enige land???
Begin sommer by die Westerse wit landjies ... ek stel voor y begin in Rusland en Oos-Europa waar dit mos lelieblank is, sonner dat daar ooit ’n swarte naby was!
Lig vir ons uit hul bekwame regerings, hul ministers wat geld spaar dat dit bars, hulle polisie wat on-korrup is, en hulle onderwys wat briljant is???
Komaan, ek daag jou nou uit??
Francois Williams
Brief versag. – Maggie

