Vinnig vir Francois

  • 0

Ek gaan maak soos jou vriend Wouter en ook sinneloos rondkrabbel en aanhaal: G-O-O-G-L-E (of MSN of Yahoo of watookal). Die tariewe van elke liewe diensverskaffer word gepubliseer en in beskaafde lande kan jy kies en keur tussen letterlik dosyne. In Oz kan ek met ’n diensverskaffer soos Optus letterlik vir weke praat vir ’n paar dollars (dis nou as ek buite die sentrale gebiede beweeg waar die internettoegang nie feitlik gratis is nie en bandwydte onbeperk is). Ditto elke liewe land waar ek al was. Keelvol om met "slim" outjies al in die rondte te redeneer. Mens moet julle tot by die water lei en julle dan waaragtig nog maak drink ook? Aikonna, my ou groot mater.

Ek lees die gesprekke hier en die afgelope paar jare het ons nog nie eens verby die basiese gepraat nie. "Slim en intellektueel" en met mooi woorde se "jy" presies net mooi niks buiten wat "jou" helde of digters of profete vir jarre al herhaal. Vermaak bloot. Jy het baie tyd op hande. Ek het al minder daardie gerief. Of lus.

Groete uit Oesterland

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top